various breeds of dogs, sitting shaggy sheepdog Standard poodle at Cape Town Two Salukis looking up

Feel at home at .petsplace.co.z

 

Treasures

Telers van Yorkshire Terriers 

English

Eienaar:  Sophie Strauss

082 580 6875 

Click & stuur e-pos

http://www.yorkiesoftreasures.co.za/

                

  

As ‘n geregistreerde lid van KUSA, met die geregistreerde affiks van “Treasures” verbind ek myself tot die etiese gedragskode van KUSA.  Al my werpsels, en elke hondjie van elke werpsel word by KUSA geregistreer,  ondergaan ‘n mediese ondersoek, en word ingeënt en ontwurm voordat hulle aan die nuwe eienaar oorhandig word. Die nodige dokumentasie tot hierdie verband word aan die nuwe eienaar oorhandig tesame met aanbevelings oor die versorging en dieët gewoontes, asook ‘n koop- en verkoop ooreenkoms.  Ek glo baie sterk oor die egtheid en waarheid van my aanbieding in advertensies, asook die volle bekendmaking van enige gesondheidsprobleem of ooreflike gebreke waarvan ek bewus mag wees, wanneer ek hondjies adverteer.  Ek streef voortdurend daarna om die Yorkshire Terrier ras vir  toekoms te bewaar en te verbeter deur  baie selektief te teel en sodoende ook toekomstige eienaars van gesonde hondjies met ’n stabiele temperament te voorsien.  Ek verkoop geen hondjie op die “ met of sonder registrasie dokumente” basis nie, en plaas ook nie enige teel - beperkings op my hondjies nie.  Sou daar om enige rede ‘n hondie beskikbaar raak wat ek in samewerking met ’n veearts, of op aanbeveling van ‘n veearts, as- “nie geskik vir teling”- beskou nie, sal die voornemende koper vooraf dienooreenkomstig ingelig word en ‘n geskrewe dokument sal aan die koper oorhandig word wat sal aandui wanneer, en op welke voorwaardes  die registrasie sertifikaat aan hom oorhandig sal word, bv. by die voorlegging van ‘n gesertifiseerde verklaring deur ‘n veearts dat die hondjie wel gesteriliseer is, en nie vir teling gebruik kan word nie.  ‘n Geskrewe dokument wat die presiese geboortedatum van die hondjie aandui, asook die registrasienommers van beide die ouers  sal intussen aan die koper oorhandig word, totdat die nodige dokumentasie i.v.m die sterilisasie ontvang word. Dit word uitsluitlik gedoen om die handhawing van hoë gehalte van die Yorkshire Terrier as ras te verseker!

Aangesien ek baie lief is vir my hondjies, en besorg is oor hulle toekomstige geluk en welvaart,  sal kopers ongelukkig gekeur word, en geen hondjie sal my perseel verlaat alvorens hy of sy nie ten minste sewe weke oud is nie, of indien daar van langafstand- of lugvervoer gebruik gemaak moet word, ten minste agt weke oud is nie!  Vlugte na alle nasionale lughawens gan gereël word en is deur die koper vooraf betaalbaar.

Ek teel huidig met twintig tefies en ses reuntjies. Al my babas word in die huis grootgemaak, ten einde hulle noukeurig te observeer, en sodoende die koper van ‘n goed aangepaste hondjie te voorsien wat gewoond is aan mense, huishoudelike geluide, gerase(bv. stofsuier, haardroër) en bewegings.  Voorgenome kopers is meer as welkom om my en die babas se ouers te kom ontmoet, ten einde hulle ook deeglik te vergewis van my standaarde, asook om hulle te help met oordeelkundige besluite by die keuse van ‘n geskikte troeteldier of ‘n toekomstige teelhondjie.  Ek is ten alle tye bereid om my kundigheid en ondervinding te deel met Yorkie eienaars en veral beginners by te staan.

Ons is woonagtig op ‘n plaas net buite LEANDRA in Mpumahlanga, naby die Oos Rand en digby die Gauteng grens.  Dit is ‘n bietjie meer as een uur se ry vanaf Pretoria of Johannesburg.

Group of 5 Yorkies surrounding Yorkie lying on back

 

Collage of 5 Yorkies

My eerste Yorkies

 

 

e-books about dogs

A good way to learn about dogs without spending a fortune, is to get an e-book. An "e-book" is sent by e-mail. You can read it on your computer, or print it.

More about the e-books

 

Find info about dogs & cats at

www.petsplace.co.za

One of South Africa's biggest pet websites

Are you a breeder? Get a page on Petsplace to show off your cats & dogs! Click here!

top of page  More Yorkshire terriers    breeds of dogs  Breeds of cats Contact webmaster  

 

Joy! Magazine

Real life, real people, real Christianity. Overseas subscriptions available

*