various breeds of dogs, sitting shaggy sheepdog Standard poodle at Cape Town Two Salukis looking up

Feel at home at .petsplace.co.z

 

Boshoek

Breeders of Yorkshire Terriers

 


Kontak 

Elrie Bosman

Ph local  057 5732112     International +27 57 5732112    cel 0836266062

Click here to send an e-mail to Elrie

We are in Kroonstad, South Africa. Delivery can be arranged (at buyer's expense)

My home language is Afrikaans but I will do my best to answer in English.

 

My eerste Yorkie het ek so 8 jaar gelede gekoop en was heel onbekend met die ras.  Al wat ek geweet het is dat dit klein snipgesiggies met strikke in die hare is wat heeldag sit en mooilyk!

So skaf ek toe vir Dienkie aan.  Sy het oral saam met ons gegaan.  Toe sy so twee jaar oud was, het ek haar laat dek deur Tazz. Die mooiste klein reuntjie wat glo in meerkat gate gekruip het om te jag wat daar te jag is, want sien `n Yorkie is mos geteel om rotte te vang!

Daar het die gogga my gebyt en my Yorkie telery het begin.  Uit Dienkie en Tazz het ek die twee tefies, Pippie en Muffin gehou en so het die klomp nou aangeteel tot `n span van tien wat vry en vrolik in my huis en op ons plaas in die Vrystaat hardloop.

My honde word gladnie op hok gehou nie, en leef elke dag saam met my.   Hulle is my beskermers en opstekers vir die ou groot Boerboele wat die werf moet oppas.

Al my Yorkies is geregistreer by KUSA en word ook ge-ent en ontwurm deur `n veearts, wat hul ook gesond sertifiseer.  Ek verkoop die babas op sewe weke en registreer die hele werpsel sodra hul trotse eienaars vir my twee moontlike name gee vir registrasie.  Die registrasie sertifikate word so gou as moontlik aan die eienaars gestuur.

Die Yorkshire terrier is `n wonderlike hondjie wat presies weet wat hy wil he en dit ook kry.  Yorkies het nie base nie, hulle het personeel!

 

2 Yorkshires looking gorgeous

Yorkshire terrier puppy, newborn, asleep cupped in hands

 

     
     

Registration

Ek registreer by KUSA.
Ek gee afdrukke van die ouers se registrasie sertifikate maar die kleintjies word eers geregistreer so twee weke nadat ek hulle verkoop het en die koper vir my name gegee het.  Die hondjie word dus op sy noemnaam geregistreer.

e-books about dogs

A good way to learn about dogs without spending a fortune, is to get an e-book. An "e-book" is sent by e-mail. You can read it on your computer, or print it.

More about the e-books

 

top of page more Yorkies  breeders  puppies  breeds of dogs breeds of cats  shop contact webmaster  home   page created 09/2006