Various breeds of dogs, seated

www.petsplace.co.za

One of South Africa's biggest, oldest, & most trusted pet websites

Shani's Yorkies

Telers van Yorkshire Terriers

 

Contact: 

Shanie Pieterse 0833923326

Click here to send e-mail

                                                                                

Ek is in die Waterberge geleë sowat 50km vanaf Potgietersrus (Mokopane), Suid Afrika.  

Toe ek die eerste keer die hondjies by my bure sien het ek geweet ek sal nie rus voor ek nie ook een het nie.

Dit het egter nie net daar gebly nie, want as die gogga jou eers gebyt het is een Yorkie te min, en hulle vul jou dag met oneindelose plesier. So het ek toe besluit om my eie telery te begin.  

My Yorkies word glad nie op hok gehou nie, ek bly op `n plaas en hulle leef saam met my binne in die huis en buite waar hulle `n groot tuin het om in te speel. Hulle is baie erg oor my en waarsku gou as daar iets vreemds op die werf is. Hulle is as ware soos `n tweede skaduwee vir my en los my nie vir 5min. alleen nie.  

Hulle is in `n goeie en gesonde toestand as ek hulle beskikbaar stel aan goedgekeurde kopers.

Yorkies is dierbare goedjies wat diep in jou hart inkruip en selfs geharde manne staan nie `n kans teen hulle kostelike gesiggies nie.

“A dog is the only thing on earth that loves you more than you love yourself”. (J. Billings)

Al my Yorkies is KUSA geregistreer en ek gee afdrukke van die ouers se sertifikate as die kleintjies sin nog nie beskikbaar is met oorhandiging na die nuwe eienaars nie, die kleintjies sin word dan aangestuur.  

Kleintjies is van tyd tot tyd beskikbaar en ek sal my bes doen om te help met vervoer.

Dankie vir jou besoek aan my webtuiste.  

 

Yorkshire terrier on the grass, brushed & shiny

Silky Yorkshire terrier

Meisiekind (CLEO-MIA)
Sy is my skaduwee, 'n liefdevolle ma en baie beskermend teen oor my.

 

Yorki on the dining table with a bowl of apples

Little Yorky sitting on a blanket

Aspatat

DAINTIEDELIGHT OH SO PRETTY (Lady)

HIERDIE IS DIE LADY IN DIE HUIS. `N DIERBARE YORKIE MET `N LIEFDEVOLLE GEAARDHEID.

 

A pocket size Yorkshire terrier puppy, born 2008

  Chocolate Yorkshire terrier puppies born 2011

Yorky puppies. (Werpsels)

Die vorige werpsels. (2009)

Yorky cooling off in a hole in the earth

chocolate, Yorkshire terrier

KLEINTJIE (DAINTIEDELIGHT SO I'M GORGEOUS) 

SY IS OOK EEN VAN MY TEFIES EN ALTYD VOOR AS DIT BY SPEELTYD KOM,SY IS EEN BONDELTJIE ENERGIE EN HOU VAN DIE NAT GROND.

Chocolate (Nicolsdene Ceaser of
Bilionaire) 

 

A tennis ball lis too big for a Miniature Yorkshire Terrier

Yorkshire terrier with long golden hair

Seuntjie ( TROPICALVALLEY CALVIN SUEDE)
Dit is een van reuntjies en 'n ware ligstraaltjie in my huis.

 

Our registration policy

We have not applied for a KUSA affix. I am a member of KUSA and my puppies are registered with KUSA. 

 

Are you a breeder? Get a page on Petsplace to show off your cats & dogs! Click here!

top of page  more yorkies breeders  puppies (other breeds)  breeds of dogs breeds of cats advertise  shop contact webmaster  home

 

Joy! Magazine

Real life,  real Christianity. Overseas subscriptions available

Find or advertise puppies & kittens on www.petsplace.co.za one of South Africa's biggest pet websites