various breeds of dogs, sitting shaggy sheepdog Standard poodle at Cape Town Two Salukis looking up

Feel at home at .petsplace.co.z

Piepau

Telers van Yorkshire Terriers

 

Kontak : Paula du Toit

Tel no. : 0498449611

International +27 49 844 9611

Sel no. : 0828200923

Click here to send e-mail

My home language is Afrikaans, but enquiries in English are welcome!

My naam is Paula, ek is van Murraysburg in die hartjie van die Karoo (moenie skrik nie, ek vlieg my hondjies indien ons nie 創 geleentheid gereel kan kry nie) en hier is waarin ek glo as teler en Yorkie eienaar, dankie vir die besoek aan my webblad, kyk en geniet.

Yorkies is nie honde nie, maar klein mensies.  Hulle moet baie liefde en konstante geselskap kry en in die huis leef. Hulle is baie intelligent, aktief en veral toegewy aan hul eienaar.  Yorkies is een van die mees genotvolle rasse om te besit, hulle het geen probleem om by luukse aan te pas nie, maar is ware terriers, altyd reg om te speel en baie lief om vuil te word. Hulle kan baie aggresief wees en het 地 hart soos 地 hotel, die grootste van groot honde skrik hulle nie af nie.  

My doel as teler is eerstens dat ons kleintjies geluk aan hul nuwe eienaar sal verskaf .  Eerstens moet hy/sy 創 goeie metgesel en gewaardeerde troeteldier wees vir 地 diereliefhebber. Hulle word in die huis groot gemaak, het 創 goeie temperament en is gesond.  Ek is altyd beskikbaar vir raad en navrae. Ek probeer sover moontlik kontak hou met my kliente om seker te maak dat hul tevrede is met hul kleintjie. My hondjies en hul kleintjies word deur die veearts ondersoek, ingespuit op hul tyd, geontwurm  en as die klient verkies word die stertjies ook deur hom afgesit, hulle is ook KUSA geregistreer. My hondjies is nie ingeteel nie, my tewe kom almal uit verskillende bloedlyne en so ook my reuntjies.  Ek is baie trots op my hondjies en so ook op hul kleintjies.     

yorki against red background Klipgat

Dit is Babsie, sy is my oudste tefie, baie intelligent en die beste moeder ooit.  Sy weeg 3,5kg, is 15cm heuphoogte is silwer met 創 bronskleurige koppie.  Haar kleintjies is miniatuur en word opgepas tot die dag wat sy hul moet afgee en vat dan sommer die volgende teef se kleintjies oor.

 

Yorkie Kylie

Sebrenah, ons noem haar Kylie  teef, sy weeg 4,5kg, is swart van kleur met 創 silwer kop.  Sy het 創 verskriklike dik bos hare, wat lieflik sag is, maar ek skeer haar  in die somer aangesien die Karoo baie warm word. Sy is baie leersaam, het goeie maniere en kom soek elke oggend eerste haar liefde vir die dag, dan sal sy omdraai en haar nie verder steur voor vanaand wanneer sy weer op my skoot sal spring en weier om plek te maak vir 地 ander een.  Haar kleintjies verwag ons om medium na standaard grote te wees aangesien ek haar met die kleinste reuntjie laat teel.

Silky Yorkshire terrior

Nadia is ook 4kg, sy is nog jonk en ons verwag dat sy heeltemal blond gaan wees met 地 brons kop. 

Sy is pragtig, het 地 baie sagte geaardheid en floreer op liefde en aandag, ook sy kom klim saans op en le tussen ons.  Ek verwag dat haar kleintjies ook medium na standaard grote gaan wees want ek wil ook hier my kleinste reuntjie gebruik.

miniature Yorkshire terrier

Mienkie is op hierdie stadium my nuutste tefie in die familie, sy is 地 kleintjie van Kylie op wie ek 地 geleende reuntjie gebruik het, so sy is geen familie van my reuntjies nie.  Ek verwag dat sy nie groter as 2,5kg gaan word nie en ook donker soos haar ma gaan wees.

brave little  yorky!

Doza, wat ons Dozi noem, is my stoet reuntjie, reeds die vader van 21 kleintjies en die trots van my telery.  Hy weeg 2,5kg, is 12cm heuphoogte, swart van kleur met 地 koper kop.  Hy is hiper aktief, staan vir niks terug nie en laat hom deur niks en niemand intimideer nie. 

miniture Yorkshire terrier on silky bed

Sibastian, word Bastiaan genoem is ook nog 地 jong reuntjie, weeg 2kg is 15cm heuphoogte, gaan ook silwer kleurig word met 地 blonde kop.  Hy is baie lewendig en daar moet gedurig gekyk word waar hy is, aangesien hy  altyd iewers met iets onwettigs besig is.

                                                

I register the pups with KUSA.  I give the registration certificate to the people who buy pups. I do not put any restrictions or contract with the pup.      Piepau is a registered KUSA affix.  

Miniature Yorkshire terrier puppy

        

    

Find info about dogs at

www.petsplace.co.za

One of South Africa's biggest pet websites

  main page about Yorkshire Terriers

Are you a dog breeder? Join the ring! Get a page like this!  (any breed!)

       other breeds       

 

top of page  page created 1 feb 2005

Joy! Magazine

Real life, real people, real Christianity. Overseas subscriptions available

*