|
| AfrikaansVIRUSSE , BEDROG en GEMORSPOS Moenie enige aanhangsels oopmaak indien jy onseker is van wie dit kom nie. Aanhangsels kan soms virusse
bevat. Moenie e-posse aanstuur indien jy ‘n ‘snaakse gevoel’ rondom dit
het nie. Vee dit eenvoudig uit! Of dit nou gemorspos is of nie, jy spaar die volgende persoon baie
tyd! Hier volg ‘n paar gemorspos e-posse wat ek al ontvang
het: Roodepoort se Diere Beskerming gaan
sluit. ‘n Vrywillige sendeling in Cameroon kry baie swaar en soek ‘n huis vir sy hond..Indien jy sou aanbied om te help met
kostes, is jy ‘n slagoffer van bedrog, want daar is geen hond! ‘ n Hond is verlore. Lees aandagtig of die telefoon nommer korrek is – dalk enige syfer
uitgelaat? Is
die berig gedateer? Word die naam van die dorp genoem? ‘n Kind is verlore. Die kind mag dalk reeds gevind wees teen die tyd wat die e-pos jou
bereik, maar jy sal nie weet nie, want die bedrieer verwyder die datum, plek, foonnommers en alles wat dit ‘n geloofwaardige e-pos sou
maak. ‘n Kind is besig om te sterf aan kanker en indien jy die e-pos sou
aanstuur, sal sy geld ontvang.
Hierdie bedrieers speel op mense se gevoelens. Hulle gebruik werklike situasies en manupileer die
publiek. Die kind mag dalk alreeds gesterf het, maar die e-pos doen steeds die
rondte, synde daar geen manier is om die waarheid vas te stel nie. ‘n Weduwee is besig om te stef aan kanker en wil geld nalaat vir ‘die Here se werk’, of sy wil die geld uit ‘n
Afrika-land uitkry. Sy wil graag jou bank besonderhede he om te ‘deponeer’, maar jy is die een wat uiteindelik besteel word! Party e-posse beweer dat, indien jy dit
aanstuur, sal jy geld of ‘n gratis selfoon ontvang. Indien jy die e-pos terug stuur vir die persoon wat dit vir jou gestuur het, sal jy baie voorspoedig wees. Hoekom moet jy dit terugstuur? Die persoon het dit reeds gelees! Vee dit eerder uit anders versamel die bedrieer net meer e-pos adresse! Party e-posse haal welbekende figure en organisasies aan, soos Dr. James Dobson en Radio Kansel. Dit klink dan soos ‘n geloofwaardige en goeie e-pos!
|
|